Treintjie Pre-primêre skool is ‘n informele skool, waar ons die wêreld op ‘n speel-speel metode vir die kleuters ontsluit. Daar word onder andere gekonsentreer op emosionele, fisiese, sosiale en kognitiewe ontwikkeling.

 

Die skool waar kinders daagliks die geleenthede gebied word om nuwe vaardighede aan te leer, hulle invloedsirkel te verbreed, ‘n gevoel van trots en vervuldheid op verskeie terreine te ontwikkel sodat hulle aan die einde van hulle laerskoolloopbaan ‘n gevoel van “ek behoort” en arbeidsaamheid bereik het.

 


WAP bied ‘n leerplan wat gefokus is op kreatiewe denke, probleemoplossingsvaardighede, insig en die groter prentjie sodat leerlinge voorbereid Universiteit toe te gestuur kan word en gereed  in die werksplek kan instap. Hier kweek ons goeie werksetiek, want die werk vereis harde werk en toewyding, net soos wat prestasie in die verskeie presterende sportkodes wat WAP aanbied, vereis. Hier ontwikkel leerlinge om in ‘n georganiseerde leeromgewing hulle volle potensiaal te bereik hetsy in die klaskamer, sportveld of op die verhoog. Kleiner klasse en individuele aandag bied die geleentheid aan elke kind om ‘n plek en ‘n stem te hê,  – ons geniet mekaar se geselskap, maak nie saak wat nie.

Aankondigings

Treintjieskool

Hou die aansteekbord dop vir meer inligting.

Laerskool

Hou SC dop vir meer inligting.

Hoërskool

Hou SC dop vir meer inligting.

KONTAK ONS:

KONTAK BESONDERHEDE:

WAP Tel: +264 (61) 244 219

Treintjieskool Tel: +264 (61) 250 040

Faks:+264 (61) 238 664

VONKPOS:

wap@wap.edu.na

Posbus 86564, Eros, Windhoek, Namibië

Drakensbergstraat 5, Windhoek, Eros