WAP bied ‘n leerplan wat gefokus is op kreatiewe denke, probleemoplossingsvaardighede, insig en die groter prentjie sodat leerlinge voorbereid Universiteit toe te gestuur kan word en gereed in die werksplek kan instap. Hier kweek ons goeie werksetiek, want die werk vereis harde werk en toewyding, net soos wat prestasie in die verskeie presterende sportkodes wat WAP aanbied, vereis. Hier ontwikkel leerlinge om in ‘n georganiseerde leeromgewing hulle volle potensiaal te bereik hetsy in die klaskamer, sportveld of op die verhoog. Kleiner klasse en individuele aandag bied die geleentheid aan elke kind om ‘n plek en ‘n stem te hê, – ons geniet mekaar se geselskap, maak nie saak wat nie.