Windhoek Afrikaanse Privaatskool Logo
Navigeer: Tuis Blad

Baie welkom by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool.

Skoolwapen
Die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) is ‘n ouerbeheerde onderwysinrigting wat sedert 1995 by die Ministerie van Basiese Onderwys, Sport en Kultuur geregistreer is om onderwys aan Graad 1 -12 te bied. Toelating tot die skool geskied binne die raamwerk van die Grondwet van die Republiek van Namibië.

WAP wil op 'n dinamiese wyse en vanuit die Christelike grondslag, leerlinge op alle terreine só voorberei dat hulle as volwaardige landsburgers in die samelewing kan uitstaan. Om dit te kan doen, word bekostigbare onderwys van 'n hoë kwaliteit in Afrikaans as onderrigmedium aangebied.

Wapport

Ons versend die Wapport, ons skool se omsendskrywe, weekliks. Daardeur kan u deurentyd op hoogte bly met gebeure by die skool, aktiwiteite waarby ons leerlinge betrokke is soos bv sportbyeenkomste, prestasies asook algemene reëlings. U sal deurentyd enige van die laaste drie Wapporte wat uitgestuur is kan lees. Indien u egter inligting van langer as drie weke gelede wil naslaan, kan u gerus deur die argief blaai.
Wapport 8
Weeklikse nuus en gebeure...lees meer
Wapport 7
Weeklikse nuus en gebeure...lees meer
Download Adobe Acrobat Reader U kan die nuutste Adobe Acrobat Reader hier aflaai (est.20.4MB)

Windhoek Afrikaanse Privaatskool Logo
Design and Development :: Internet Technologies Namibia