| |




Des van Heerden
Algemene Bestuurder
Hy is 'n matrikulant van Wennie du Plessis (Gobabis) en voltooi daarna sy BSc aan die Potchestroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Sy hoofvakke is Dierkunde en Liggaamlike Opvoedkunde. Hy voltooi ook sy Hoër Onderwys diploma aan dieselfde Universiteit. In sy jong dae het hy tennis en hokkie gespeel. Hy het ook Namibië in gholf verteenwoordig. Sy WAP-passie is om 'n vriendelike, gedissiplineerde en trotse skool vir die Afrikaansprekende daar te stel en om te verseker dat kwaliteit onderrig aangebied word.
-
Vonk-pos: skoolbest  wap.edu.na |
| -Terug na bo- |
Ansie Krause
Bestuurder: Treintjie Pre-primêre
skool
Onderwyser: Pre-primêr
Sy is ‘n matrikulant van Warmbad Hoërskool in
Suid-Afrika en studeer daarna aan die Pretoria Onderwyskollege
en die Onderwys Kollege vir Verdere Opleiding. Sy verwerf
die THOD (4 jaar), RO II en Spesiale Onderwys II diplomas.
Haar spesialis vakterrein is Pre-primêr Brugjaar
Graad 0. Sy is by Audiblox, Nasorg en die algehele administrasie
en dag-tot-dag bestuur van die pre-primêr betrokke.
Haar WAP-passie is: “Om elke Godgegewe brugjaar-kleuter
skoolgereed te kry sodat hulle kan voldoen aan die eise
wat groot skool stel!”
-
Vonk-pos: epps  epps.edu.na |
| -Terug na bo- |
Elna de Jager
Bestuurder: Primêre skool
Onderwyser:
Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en voltooi daarna haar Onderwys Diploma aan die Pretoria
Onderwys Kollege. Haar vakterrein is Wiskunde. Sy is by
netbal betrokke. Haar WAP-passie is: “Gelukkige kinders
en gelukkige onderwysers in ‘n gelukkige gemeenskap!”
-
Vonk-pos: elna  wap.edu.na |
| -Terug na bo- |
Kobus Espach
Bestuurder: Buite-kurrikulêr
Onderwyser: Sekondêr
Hy is ‘n matrikulant
van Grootfontein Hoërskool en studeer daarna aan die
Windhoek Onderwys Kollege waar hy die vierjarige HOD voltooi.
Sy vakterrein is Rekenaar Toepassingstegnologie. Hy dra
sorg dat almal wat by sport en kultuur betrokke is, hulle
werk doen, en benewens al die beplanning, organisering
en leidinggewing wat hy moet doen, is hy ook by rugbyafrigting
betrokke. Sy WAP-passie is: “Sport – Om leerlinge
ongeag van vaardighede in alle sportsoorte te kan akkommodeer!”
-
Vonk-pos: kobus  wap.edu.na |
| -Terug na bo- |
Milandie Nederlof
Onderwyser: Pre-primêr
Sy het matrikuleer aan die Hoërskool Tygerberg, in die Kaap. Daarna behaal sy haar BA internasionale graad by Stellenbosch Universiteit. Verdere na-graadse studies deur UNISA lei tot NOS (kleinkind ontwikkeling en grondslagfase).
Haar WAP-passie is om in 'n liefdevolle "speel-speel" omgewing die kindertjies in totaliteit te laat ontwikkel.
|
| -Terug na
bo- |
Melissa West
Onderwyser : Pre-primêr Engelse klas
She completed her National Senior Certificate in Namibia. Then she studied for three years and received her Montesorri Diploma. Her teaching experience includes a year of traditional pre-school teaching and 8 years of Montessori Practise for children age 3 - 6 years old.
She is currently studying for her second year, Junior Primary Teachers Education Diploma. For the children at Treintjie-skool, she likes to watch them grow and learn and develop to their full potential in a kind, loving and safe environment.
|
| -Terug na
bo- |
Anita-Mari van Zyl (Nita)
Onderwyser: Pre-primêr
Sy matrikuleer aan WHS en behaal OD Junior Primêr en HOD Kuns. Sy hou skool vanaf 1980 en het dus al sakke vol ondervinding opgedoen. Haar passie is klein kindertjies en sy wil graag haar talente gebruik om te help sodat die kinders hul skeppingsdoel kan verwesenlik. Sy wil 'n bydrae lewer sodat die kindertjies kan word wat God vir elkeen bestem het om te wees.
Haar doel is om die kindertjies se karakter te help bou, want net dan kan hulle suksesvol wees in hul lewe vorentoe.
|
| -Terug na
bo- |
Anchen Matheis
Onderwyser: Pre-primêr
Sy voltooi haar matriek deur ACE in Namibia in 1999. Daarna doen sy haar "Child day Care Diploma" en "Child Psychology Diploma". Sy is tans ook besig met haar 2de jaar BEd. Sportsgewys is sy 'n gekwalifiseerde en geregistreerde netbalskeidsregter by NSSU.
Sy geniet elke oomblik van haar werk. Haar passie is dat elke kind wat oor haar pad kom, dit sal geniet om skool toe te kom en sal kan leer en speel in 'n veilige omgewing.
|
| -Terug na
bo- |
Areen du Preez
Onderwyser: Graad
3
Sy het by Sentraal, Beaufort-Wes matrikuleer en haar B.Ed Grondslagfase-graad aan Stellenbosch Universiteit behaal. Haar buitemuurse aktiwiteite by WAP sluit in atletiek: naelope en netbal: 0/13.
Haar missie en visie vir WAP is : om te strewe daarna om 'n gesonde werksverhouding te hê met haar mede- kollegas. Sy wil ook graag die leerders inspireer en motiveer om entoesiasties en hardwerkend te wees.
Om hulle werk te geniet is prioriteit! Op sportgebied strewe sy daarna dat elke kind hul sport sal geniet en nét hulle beste sal gee.
|
| -Terug na bo- |
Jacoleen Cilliers
Graadleier: Graad 1
Onderwyser: Graad
1
Sy is ‘n matrikulant van PK de Villiers op Keetmanshoop
en voltooi daarna haar BED Fondasie Fase aan die Kaapse
Technikon Wellington Kollege. Sy is by atletiek en hokkie
betrokke. Sy is ook die Graad 1 Graadhoof. Haar WAP-passie
is: “Gee elke dag jou beste! Om elke kind veilig
te laat voel!” |
| -Terug na bo- |
Jo-Mari Van Vuuren
Graadleier: Graad 2
Onderwyser: Graad
2
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool President
en studeer verder aan die Onderwys Kollege Paarl asook
UNISA waar sy onderskeidelik ‘n driejarige Onderwysdiploma
in Junior Primêr, die HOD Pre-primêr en ‘n
BA-graad met Sielkunde en Opvoedkunde voltooi. Sy is by
atletiek en netbal betrokke. Haar WAP-passie is: “Om
my beste as onderwyser te probeer gee, kinders na die beste
van my vermoë te leer, maar terselfdertyd na hulle ‘menswees’ om
te sien!” |
| -Terug na bo- |
Letisia Kruger
Onderwyser: Graad 1
Sy is ‘n matrikulant van Jan Möhr Hoërskool
in Windhoek en sy studeeer daarna aan die Potchefstroomse
Onderwys Kollege en die Windhoek Onderwys Kollege waar
sy onderskeidelik die TOD en HOD diplomas verwerf. Sy is
by netbal en alles wat daar gedoen moet word, betrokke.
Haar WAP-passie is: “Om kwaliteit onderrig in my
eie taal te gee! Om deur my voorbeeld die kinders te help
om volwaardige, goeie landsburgers te word!” |
| -Terug na bo- |
Suan Du Toit
Onderwyser: Graad 1
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en sy studeeer daarna aan die Universiteit van Stellenbosch
waar sy die B.Prim. Ed graad voltooi asook ‘n diploma
in remediërende onderrig verwerf. Sy is by atletiek
en skaak betrokke. Haar WAP-passie is: “Doen jou
bes sodat jy ook die beste terug kan verwag!” |
| -Terug na bo- |
Ohna Pretorius
Onderwyser: Graad 2
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool
President en studeer verder aan die Onderwys Kollege Paarl
asook UNISA waar sy onderskeidelik ‘n driejarige
Onderwysdiploma in Junior Primêr, die HOD Pre-primêr
en ‘n BA-graad met Sielkunde en Opvoedkunde voltooi.
Sy is by atletiek en netbal betrokke. Haar WAP-passie is: “Om
my beste as onderwyser te probeer gee, kinders na die beste
van my vermoë te leer, maar terselfdertyd na hulle ‘menswees’ om
te sien!” |
| -Terug na bo- |
Cathreen Mostert
Onderwyser: Graad 2
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en voltooi daarna die B.Prim Ed graad aan die Universiteit
van die Oranje Vrystaat. Sy is by atletiek en netbal betrokke.
Haar WAP-passie is: “Om elke kind wat voor my sit
te help en te lei om net sy/haar beste te kan doen en wees.
Asook om die leerlinge gelukkig en gemotiveerd te sien!” |
| -Terug na bo- |
Theron, Phia
Onderwyser: Graad 3
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en voltooi daarna haar HOD aan die Windhoek Onderwys Kollege.
Sy is by atletiek en netbal betrokke. Haar WAP-passie is: “Ek
wil net die allerbeste vermoëns in elke leerling uitbring
soos wat hulle reeds my gawe as onderwyseres by WAP laat
seëvier!” |
| -Terug na bo- |
Van Wyk, Sonja
Onderwyser: Graad 3
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool Etosha op
Tsumeb en voltooi daarna die vierjarige HOD aan die Windhoek
Onderwys Kollege. Sy is by atletiek en netbal betrokke.
Sy is ook die Graad 3 Graadhoof. Haar WAP-passie is: “Om
in liefde, verdraagsaamheid, eensgesindheid en toegewydheid
te strewe om alles wat ek in en vir WAP doen, te doen tot
eer en verheerliking van ons Hemelse Vader!” |
| -Terug na bo- |
Martin Marais
Onderwyser: Senior Primêr
Hy het skoolgegaan by Hoërskool Ben Vorster te Tzaneen. Hy het studeer by Tukkies in Pretoria waar hy die B.Ed Algemene graad verwerf het.
Sy WAP-passie is om daarna te streef om leerders op alle vlakke en gebiede te ontwikkel en om aan elke kind die nodige kennis en vaardighede oor te dra wat die kinders in hul dag tot dag bestaan kan gebruik.
|
| -Terug na
bo- |
Ronel Engelbrecht
Onderwyser: Senior Primêr
Sy het gematrikuleer aan die Hoërskool Pretoria-Noord en studeer aan die Onderwyskollege te Potchefstroom waar sy haar HOD Junior Primêr behaal. Ten opsigte van buitemuurs is sy betrokke by die snoepie, Audiblox, Pom-Poms en bied haar hulp by die afrigting van die koor aan. Haar passie vir WAP is : Om leerlinge te inspireer om net hulle beste te gee en om baie liefde te saai. Sy glo saam met ons ander dat WAPPERS die beste is. |
| -Terug na
bo- |
Danita Ferreira
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is 'n oud WHS-er en het daar gematrikuleer en haar onderwys-diploma by die Windhoekse Onderwys Kollege gekry. Sy hou baie van kultuuraktiwiteite en was altyd betrokke by die reël van konserte, naweekkampe, trompoppies, sport aerobics en enige iets waar sy haarself kon uitleef. Vir WAP sien sy 'n blink en opwindende toekoms. Haar passie vir WAP is nie om die beste skool te wees nie, maar om die skool met die gelukkigste kinders, ouers en onnies te wees! |
| -Terug na
bo- |
Neels Kruger
Fasehoof: Akademies vir Graad 4-7
Vakleier: Wiskunde
Onderwyser: Senior Primêr
Hy is ‘n matrikulant van Otjiwarongo Hoërskool
en hy voltooi daarna die vierjarige THOD aan die Potchefstroomse
Onderwys Kollege. Hy voltooi ook die OKVO (Jeugweerbaarheid).
Sy vakterrein is Wiskunde. Hy is by redenaars, atletiek,
rugby en krieket betrokke. Sy WAP-passie is: “Om
deur onderwys ‘n begeleidende rol te vertolk om
ons kinders in hul opwegwees te lei en te rig deur hulpverlening
en voorbeeld soos vervat in die verwagtinge van Christus!” |
| -Terug na
bo- |
Marcelle Deysel
Vakleier: Tale en Sosiale Studies
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en voltooi daarna haar vierjaar HOD-opleiding aan die
Windhoek Onderwys Kollege. Haar vakterrein is Afrikaans
en ook Sosiale Studies. Sy is by atletiek en hokkie betrokke.
Haar WAP-passie is: “Om elke leerlinge te wys wie
hy in Jesus Christus is!” |
| -Terug na bo- |
Annemie le Roux
Vakleier: Wetenskap
Onderwyser: Graad
4
Sy is ‘n matrikulant van die Hoërskool Piketberg
en voltooi die driejarige Primêre Onderwys Diploma
aan die Wellingtonse Onderwys Kollege. Haar vakterrein
is Wetenskap asook Kuns en Tegnologie. Sy is by atletiek
en kuns betrokke. Haar WAP-passie is: “Om ‘n
verskil te maak!” |
| -Terug na bo- |
Mariëtte Jurgens
Onderwyser: Graad 4
Sy is ‘n matrikulant van Otjiwarongo Hoërskool
en voltooi daarna ‘n vierjaar Onderwysdiploma aan
die Windhoek Onderwys Kollege. Sy is die Koördineerder
van alle kultuuraktiwiteite. Sy is ook die Graad 4 Graadhoof.
Haar WAP-passie is: “Om elke kind as individu te
erken en met liefde en begrip te onderrig!” |
| -Terug na bo- |
Carien Lesch
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Vereeniging Hoërskool
en voltooi die driejarige Primêre Onderwys Diploma
aan die Potchefstroom Onderwys Kollege. Haar vakterrein
is Engels. Sy is by kultuur, die speechevening en die
snoepie betrokke. Haar WAP-passie is: “Liefde!” |
| -Terug na bo- |
Marieta Marais
Remediërende Onderwyser: Primêre
Skool
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool Pretoria-Noord
en studeer verder aan die Universiteit van Pretoria waar
sy haar BA-graad, HOD (Nagraads) en die B.Ed-graad met
spesialisering in Buitengewone Onderwys voltooi. Sy is
voortdurend besig met hulpverlening en ondersteuning.
Haar WAP-passie is: “Om almal in ons skool gelukkig
en met blink oë te sien!” |
| -Terug na
bo- |
Chrisell Pieterse
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool Hermanus
en voltooi daarna die B.Ed.(Hons)-graad aan die Universiteit
van Stellenbosch. Haar vakterrein is Wiskunde en Engels.
Sy is by atletiek en netbal betrokke. Haar WAP-passie
is: “Om ‘n liefde vir Wiskunde by die kinders
te kweek!” |
| -Terug na
bo- |
Corrie Ludwig
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool Jan Möhr
in Windhoek en voltooi daarna die B.Econ-graad aan die
Universiteit van Stellenbosch. Sy voltooi ook haar HOD
(Nagraads). Haar vakterrein is Wetenskap en Sosiale Studies
maar haar groot liefde is in die Ekonomiese Bestuurswetenskappe.
Sy is by atletiek en netbal betrokke. Haar WAP-passie
is: “Omgee-onderrig waar wedersydse respek vir
mekaar gekweek word!” |
| -Terug na
bo- |
Annette van der Merwe
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Academia Hoërskool
in Windhoek en studeer daarna verder aan die Universiteit
van Stellenbosch waar sy ‘n BA-graad, BA.Hons (Menslike
Bewegingskunde) en HOD (Nagraads) behaal. Haar vakterrein
is Sosiale Studies en Wetenskap. Sy is by atletiek en
hokkie betrokke. Haar WAP-passie is: “Om ‘n
liefde vir Sosiale Studies en Wetenskap te skep binne ‘n
Christelike, kindvriendelike omgewing!” |
| -Terug na bo- |
Henriëtte van Wyk
Onderwyser: Senior Primêr
Sy is ‘n matrikulant van Mariental Hoërskool
en voltooi daarna haar driejarige Onderwys Diploma aan
die Wellingtonse Onderwys Kollege asook ‘n HOD
aan die Windhoek Onderwys Kollege. Haar vakterrein is
Afrikaans. Sy is by atletiek, redenaars, kultuur, die
Griffel-skryfkompetisie en die WAPRANT betrokke. Haar
WAP-passie is: “Om die kreatiewe kant van leerlinge
te ontwikkel en te slyp; om kinders veilig en gelukkig
te laat voel!” |
| -Terug na bo- |
Sekondêre skool Graad 8-12
Attie van Wyk
Sekondêre Skool
Onderwyser: Sekondêr
Hy is 'n matrikulant van Windhoek Hoërskool en voltooi daarna 'n B.Sc-graad aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat. Verdere studies deur UNISA lei tot 'n HOD (Nagraads), 'n B.Ed. in Onderwysbestuur en 'n M.Ed. in Onderwysbestuur. Sy vakterrein is Fisiese Wetenskap. Hy is die redakteur van die weeklikse nuusbrief, die WAPPORT, is betrokke by die skoolkoerant, die WAPRANT, en is voortdurend besig om foto's by skoolaktiwiteite te neem. Sy WAP-passie is: "Om elke dag saam met 'n uitsonderlike span onderwysers die WAP-ding te doen: om kinders binne die geborge ruimte van 'n gelukkige skoolgemeenskap tot toegeruste volwassenes te begelei deur 'n gesonde Christelike milieu, Afrikaans as onderrigtaal en kwaliteit onderrig aktief na te jaag!"
|
| -Terug na bo- |
Christelle Oosthuysen
Onderwyser : Sekondêr
Sy is aangestel by WAP op 1 Januarie 2009. Sy is gebore in Mariental en het 'n paar jaar in dié dorpie grootgeword voordat haar ouers na Windhoek verhuis het. Sy was baie gelukkig om haar laer- en hoërskoolloopbaan in slegs een skool onderskeidelik te kon deurbring en beskou hierdie stabiliteit vandag nog van onskatbare waarde.
Reeds op hoërskool het sy haar man, Ebert, ontmoet en na matriek is hulle saam na die Universiteit van Pretoria. Hulle is in 1975 getroud nadat sy haar BA-graad en Hoër Onderwysdiploma verwerf het. Uit hulle huwelik is twee dogters, Marelene en Estelle, beide reeds uit die skool, gebore. Aanvanklik het sy personeelkeuring en -aanstellings in Pretoria gedoen terwyl haar man sy studie voltooi het en sedert hulle in 1978 na Windhoek teruggekeer het, is sy betrokke by onderwys in ons mooi land.
Of sy die onderwys ooit finaal gaan verlaat en of sy regtig by 'n skool betrokke wil bly tot sy aftree; dit is vrae waaraan sy soms dink maar haar volgende kosbare woorde is dalk die rede waarom sy nog steeds 'n juffrou is : "Ek gee onderwys, daarom raak ek die toekoms aan ..."
|
| -Terug na bo- |
Diekie Dirsuwei
Onderwyser : Sekondêr
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Jan Möhr, waarna sy aan die Windhoekse Onderwys Kollege studeer het met hoofvakke Afrikaans en Wiskunde.
Na verskeie bemarkingsveldtogte deur WAP het sy besef dit is 'n skool met 'n wenresep en gedink sy wil ook deel wees hiervan. Wel, nou is sy hier - deel van wenners! Sy glo met die hulp van ons Hemelse Vader sal sy 'n sukses maak van haar loopbaan by WAP.
|
| -Terug na bo- |
Tersa Du Toit
Vakleier: Tale
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en studeer daarna aan die Universiteit van Stellenbosch
waar sy die BA-graad en haar HOD (Nagraads) voltooi.
Haar vakterrein is Engels Eerste Addisionele Taal. Sy
is by die Business Orators League, die speechevening
en atletiek betrokke. Haar WAP-passie is: “Kwaliteit
onderrig in ‘n kind-vriendelike atmosfeer!” |
| -Terug na bo- |
Marien Hattingh
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Academia Hoërskool
in Windhoek en voltooi daarna ‘n B.Sc-graad en
die HOD (Nagraads) aan die Universiteit van Stellenbosch.
Haar vakterrein is Fisiese Wetenskap. Sy is by hokkie
betrokke. Haar WAP-passie is: “Dis so lekker om
in Afrikaans klas te gee, raad te gee, raas uit te deel
en te bid!” |
| -Terug na bo- |
Francis Joubert
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Hoërskool Merensky
in Tzaneen in Suid-Afrika. Sy studeer deur UNISA
en behaal die Hoër Primêre Onderwyssertifikaat
(HPOS) asook die Hoër Onderwys Diploma (HOD).
Haar vakterrein is Geografie. Sy is by die kultuuraktiwiteite
van WAP betrokke. Haar WAP-passie is: “Om
die leerlinge in my klasse op ‘n Christelike,
Afrikaanse wyse te onderrig, sodat hulle eendag
volwaardige volwassenes kan wees wat hulle merk
in die samelewing kan maak. Almal moet kan sien
hulle is ‘n produk van WAP!” |
| -Terug na bo- |
Carike Karg
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Middelburg Hoërskool
in Mpumalanga en sy studeeer daarna aan die Potchefstroomse
Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys
waar sy ‘n B.Huishoudkunde-graad voltooi.
Haar vakterrein is Gasvryheidstudies en Toerisme.
Sy is betrokke by tjokkerkrieket, atletiek, Mnr
en Mej WAP en die kultuurfees, Haar WAP-passie
is: “Om ‘n gelukkige, geborge atmosfeer
te skep vir kinders sodat hulle gebalanseerde,
gesonde volwassenes in die buitewêreld kan
wees!” |
| -Terug na bo- |
Dawid Kruger
Onderwyser: Sekondêr
Hy is ‘n matrikulant van die Hoërskool
Tygerberg en voltooi daarna B.Comm Bemarkingsbestuur
en die Naskoolse Onderwys Sertifikaat aan die Universiteit
van Stellenbosch. Sy vakterrein is Rekeningkunde.
Hy is by atletiek, tjokkerrugby, die skoolkoerant
(WAPRANT) en die weeklikse Jeugaksie berokke. Sy
WAP-passie is: “Om die beste onderwyser vir
die leerlinge aan my toevertrou te wees!” |
| -Terug na bo- |
Henry McCarthy
Onderwyser: Sekondêr
Hy is ‘n matrikulant van Hoërskool
Frans du Toit in Phalaborwa en studeer daarna
aan die Potchefstroomse Universiteit vir
Christelike Hoër Onderwys waar hy sy
B.A-graad, BA-Hons, HOD (Nagraads) en B.Ed.Honn
voltooi. Sy vakterrein is Geskiedenis en
Bedryfsekonomie. Hy is by krieket en entrepreneurskap
betrokke. Sy WAP-passie is: “Om te
help bou aan ‘n vooruitstrewende instansie
wat op alle terreine sy merk maak en waarin
alle betrokke partye (ouers, onderwyser en
leerlinge) in die geluk deel!” |
| -Terug
na bo- |
Xenia Pieterse
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Concordia
College in Windhoek en studeer daarna aan
die Universiteit van Namibië waar sy
haar B.A-graad en HOD (Nagraads) voltooi.
Haar vakterrein is Afrikaans en Engels, hoewel
Geografie ‘n groot liefde is. Sy is
by atletiek en hokkie betrokke. Haar WAP-passie
is: “Om ‘n goeie verhouding met
die leerlinge in my klas te bou en elkeen
by name te ken!” |
| -Terug
na bo- |
Ronel van der Merwe
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Windhoek Hoërskool
en voltooi daarna ‘n BA(Ed)-graad aan
die Universiteit van Pretoria. Haar vakterrein
is Lewensoriëntering en Bybelonderrig.
Sy is by kultuuraktiwiteite betrokke en haar
WAP-passie is: “Om ‘n lewensoriënteringsentrum
op die been te bring waar kinders meer oor
hulself, hul probleme en hul toekomsverwagtinge
kan leer!” |
| -Terug
na bo- |
Ina van der Walt
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van Wennie du
Plessis in Gobabis en voltooi daarna ‘n
BA-graad en ‘n HOD (Nagraads) aan die
Potchefstroomse Universiteit vir Christelike
Hoër Onderwys. Haar vakterrein is Afrikaans
Huistaal. Sy is by redenaars, Olimpiades
en die Griffel-skryfkometisie betrokke. Haar
WAP-passie is: “Om gebalanseerde jongmense
te help vorm – ‘n gesonde selfbeeld
en ‘n trots óp en vír
die eie: Afrikaans!” |
| -Terug na bo- |
Louise van Sittert
Onderwyser: Sekondêr
Sy is ‘n matrikulant van die Otjiwarongo
Hoërskool en voltooi daarna die B.Sc-graad
en ‘n HOD (Nagraads) aan die Universiteit
van die Oranje Vrystaat. Haar vakterrein
is Lewenswetenskap. Sy is by kultuur en wetenskapuitstalling
betrokke. Haar WAP-passie is: “Om vir
elke leerling ‘n liefde vir die vak
Lewenswetenskap aan te leer!” |
| -Terug na bo- |
|
|
Administratiewe Personeel
Bibi Cornelissen
Administratiewe Beampte : Treintjie skool
Sy matrikuleer aan die Wennie du Plessis Hoërskool te Gobabis in 1986. In 1987 spandeer sy 'n jaar by die Vroue Leër Kollege op George. Sy het oa by Sanlam, Price Waterhouse Coopers en drs J Riecket & Sieberhagen gewerk. Vandaar is sy by die Treintjie-skool tot en met hede.
Kinders is haar passie. Haar tydverdryf is lees en om saam met haar dogters en familie tyd te spandeer.
|
| -Terug na
bo- |
Adéle Klein
Administratiewe Beampte : Ontvangs
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Montana te Worcester, in die mooie Boland. Daarna behaal sy haar Sertifikaat in Sekretariële Opleiding : Sakerekenaars te Tegniese Kollege Stellenbosch. Sy ontmoet 'n Suidwester op Stellenbosch en hulle verhuis na Windhoek. Sy was in verskeie poste by Sanlam Namibia werksaam vanaf 1989 tot 2000. Hulle gesin verhuis na die suide waar sy gelukkig was om boervrou te wees. Terug in Windhoek is dit vir haar heerlik om weer haar werksvernuf in te span en om WAP se ontvangs sover moontlik professioneel te beman wat dan ook haar passie is. |
| -Terug na
bo- |
Maureen Beukes
Administratiewe Beampte : Sekondêre Skool
Sy matrikuleer aan die Hoërskool Ella du Plessis; vorige werksondervinding was o.a by St Paul's College. Sy gebruik haar vrye tyd om te lees en musiek te luister en is ook 'n buitelugmens. Haar doel by WAP is om die onderwysers en ander personeel te assisteer sodat hulle werk so vlot as moontlik kan verloop. |
| -Terug na
bo- |
Marina Botha
Admnistratiewe Beampte: Primêre Skool
Sy is ‘n
matrikulant van Windhoek Hoërskool en voltooi daarna ‘n
sekretariële diploma aan die Stellenbosch Tegniese
Kollege. Haar WAP-passie is: “Dat ek deur hoe ek
my werk doen, daartoe sal bydra dat WAP deur Namibië erken
sal word as die besondere skool wat dit is!” |
| -Terug na
bo- |
Wittmann, Alet
Administratiewe Beampte: Finansies
Sy
is ‘n matrikulant van Hoërskool Andrew Rabie
in Port Elizabeth en voltooi daarna die B.Compt-graad
aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat. Sy is ‘n
vurige ondersteuner van alle sportaktiwiteite en haar
WAP-passie is: “Geld tel!!!!” |











|
|